Sedert 1946 bied ‘n groep toegewyde vrywilligers elke jaar hul tyd aan om die Lutzville Landbouskou te organiseer. Elke jaar word daar ure se beplanning agter die skerms gedoen om ‘n goed georganiseerde fees vir besoekers van alle ouderdomme aan te bied.
Die skou sluit vertonings van perde van heinde en verre in, asook plaaslike opkomende boere wat hul skape kom vertoon.
Sedert 2024 is die landbouskou ‘n geregistreerde niewinsgewende organisasie (NPO), en alle fondse word herbelê in die terrein en in verskeie ondersteunende organisasies. Elke lid dra op vrywillige basis by, sonder vergoeding – gedryf deur hul passie vir die saak.
Hierdie toegewyde span verseker jaar na jaar die sukses van die skou.